Raaisel van rommelberg gou opgelos Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 19 February 2021 17:25
Untitled Document

‘n Rommelberg is in die oggend van Woensdag 3 Februarie op die ‘bloupad’ (D223) langs die Hazeldean-plaas gestort.

Lede van die MZT (Mooiplaats, Zwavelpoort, Tierpoort) gemeenskapsgroep het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om te help met die opsporing van die rommelstorter wat hiervoor verantwoordelik was en het self begin met die soektog na die storter.


Die rommelberg
Foto’s: Verskaf

Dieselfde dag nog is die eienaar van die rommelverwyderingsfirma opgespoor en hy het dadelik laat opruim waar sy werkers gestort het. Die dag toe die voorval gebeur het, was storingsterreine gesluit omdat voertuie in die modder vasgeval het. Volgens ’n lid van MZT was die kontrakteur baie tegemoetkomend en was hy nie bewus van die toedrag van sake nie.


Die werkers begin opruim

Die rommelvrag is gelaai en die pad is weer skoon

Die stadsraad het onlangs begin met ’n verskerpte poging om onwettige rommelhope te verwyder en kontrakteurs word ook ingespan om die raad hiermee by te staan. Die hoop langs Hazeldean was nie deel van dié aksie nie, maar was grootliks afkomstig van landgoed-behuisingskemas in die gebied.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger