Klein dorpie sorg vir groot deurbraak Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 19 February 2021 17:24
Untitled Document

Die Cullinanse landdroshof het in Januarie ’n buitengewone swaar straf opgelê vir twee dieremishandelaars wat laat verlede jaar ’n klein hondjie vasgedruk het en laggend met ’n skeermeslem gekastreer het, terwyl hulle Wet Nose Reddingsentrum se inspekteur gedreig het.

Die Cullinanse Speurtak het die twee in hegtenis geneem en hulle is aan dieremishandeling skuldig bevind. Die landdros het ’n vonnis van R3 000 elk sowel as tronkstraf van 80 dae opgelê.


Caelan, die hondjie wat mishandel is, ontvang nou liefde
Foto: Verskaf

Volgens Wet Nose het dieremishandelaars tot redelik onlangs nooit tronkstraf gekry nie. Die sentrum sê dié vonnis is verblydende nuus en hopelik sal mense nou begin ag slaan daarop dat dieremishandeling ’n ernstige misdaad is.

Wanneer dié twee misdadigers hulle boetes betaal het en tronkstraf uitgedien het, gaan hulle gedeporteer word. Caelan, die hondjie wat hulle mishandel het, het goed aangesterk en geniet ’n oorvloed aandag en liefde.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger