Welkome terugvoer oor Januarie se Bronnie Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 February 2021 17:20
Untitled Document

Hier is enkele kort uittreksels uit die baie welkome terugvoer van lesers en adverteerders oor die Bronnie wat deesdae nie net ’n gedrukte glanspapier tydskrif is nie, maar ook wyd elektronies versprei word. – Red

Katy Marais van Rayton: Baie dankie vir julle getroue e-pos met my Bronnie. Waardeer julle baie. Voorspoed en gesondheid vir almal. Groetnis.

Ilona Wilken van De Meerpaal in Equestria: Julle kan voortgaan met die plasing van die advertensie. Dankie vir julle puik tydskrif en diens wat julle lewer. Bly veilig en gesond.

Rea Odendaal van Faerie Glen: Die voorblad van Januarie is regtig besonders. Ek het my Bronnie gekry by Plantland Atterbury – hulle is die naaste aan ons in Faerie Glen X1. Die glanspapier is pragtig. Ek verkies egter steeds om die Bronnie elektronies te lees.

Renette Els van Pretoria: Oe, baie mooi voorblad; ek wil sommer plaas toe! Ek sien al baie lank uit na my nuwe Bronnie en ek geniet hom.

Liezel Yssel van die Rayton-gebied: Dankie vir ’n pragtige Bronnie! Ek het só lekker gelees. “Well done!”

Robert Steenkamp from Pretoria: Fantastic reading . . . Good work. Well done and keep it up.

Adriani Strauss van Pretoria: Pragtige voorblad en elektroniese inhoud. Is daar dalk iemand in die Bronnie se verspreidingsgebied wat vir my ’n gedrukte een kan hou vir die wonderlike voorblad met die donkie?

Magdel Goose van Kaalfontein: ’n Windpomp en ’n donkie op die voorblad! Wat ’n groot bederf vir my.

Engela Pretorius van die Bronberg-gebied: Duisend dankies! Sien uit om te lees.

Mariet van Niekerk van Tierpoort: Baie dankie! Ek waardeer. Julle moet veilig bly. Die aller beste groete. 

Eugene Claassen van Durban: Baie, baie dankie vir my Bronnie, gaan dit geniet. ’n Baie voorspoedige 2021 vir julle en mag die tydskrif net nog beter word!

Hennie Heymans van Queenswood: Baie dankie! Puik tydskrif!

Emma Koekemoer van Rayton: Nou gou elektronies ‘deurgeblaai’. Vanaand lees ek. Lekker leesstof en puik soos altyd. Baie dankie.

Louise Smit van Pretoria-Noord: Baie dankie vir die Januarie Bronnie. Lees hom solank aanlyn. Freak uit oor my Bronnie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger