Watter swam is dit Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 February 2021 17:17
Untitled Document

Vivienne van Dyk van Cullinan:
Ek kyk al lankal na so ’n swam wat hier langs die winkel groei. Van verlede jaar al, hou hy net aan groei. Dit is so besonders, net gewonder of julle sal wil foto’s neem van dit. My kleinseun sê dit lyk soos ’n “alien from Mars”.

Die Bronnie het vir plantkundige, Petro Lemmer, gevra watter swam dit is. – Red


Die boom met die swamme

Petro Lemmer van Cullinan:
Hierdie is rakswamme (Ganoderma sp). ’n Boom word met die swamspore besmet deur ’n wond aan die wortels of stam en die swamdrade (mycelium) verstop al die vaatbondels sodat die boom vrek.

Die vrugliggaam is die sigbare rakswam wat aan die basis van die boom vorm. ’n Besmette boom kan nie gered word nie. Ek kry baie navrae hieroor.


’n Deel van die swamme van nader beskou

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger