Ek wonder oor haar Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 February 2021 17:16
Untitled Document

Stersia Botha van Mooikloof:
Dankie Angie en Gerhard vir deurdruk en aanhou en aanpas. Kan julle die Bronnie per e-pos vir my aanstuur asseblief. Dankie vir altyd uitstekende artikels en advertensies.

Ons ry baie oor die kruising van Atterburyweg en De Villebois Mareuil (by Plantland en Doxa Deo-kerk). Die vrou wat al jare en jare op daardie straathoek in reën, sonskyn, somerson en bibberwinter koerante verkoop – ek wonder oor haar verhaal.

Wat sien sy? Wat het sy al ervaar? Hoe het dit gekom dat sy juis daar werk? Sy is so getrou op haar pos. Ek het gewonder of julle nie ’n bietjie erkenning aan haar wil gee deur ’n klein beriggie in Die Bronberger nie.

Baie dankie vir julle voortreflike werk selfs in hierdie moeilike tye. Groete en mag 2021 al hoe beter raak. Seënwense.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger