Bronnie-berig werk soos bom Print E-mail
News - Briewe
Friday, 19 February 2021 17:13
Untitled Document

Alta Strydom van Bronkhorstbaai:
Ek wil net vir julle sê verskriklik dankie vir wat julle vir ons gedoen het met die berig in Die Bronberger.

Dit het gewerk. Hier word nie meer ’n kat in ’n strik gevang nie. Niks verder ná die wat in Desember in strikke beland het nie. Ek is so dankbaar.

Die mens wat ons so mooi gehelp het met die katte se naam is Yvonne. Sy is ’n paramedikus en werk gewoonlik in die aand tot 7 uur en dan begin sy na haar diere omsien – sy het ’n liefdadigheidsplekkie wat hawelose diere help.

Sy het my so kom help met die wilde katte – om die strikke van die nekke af te haal. Een het in my motor ingeklim en Yvonne het nie opgehou nie – tot sy die kat het.

Dit sal wonderlik wees as julle ’n berig oor haar werk kan doen.

Dié is ’n gedeelte van ’n stemboodskap wat Alta gestuur het oor ’n berig in ons Januarie-uitgawe, ‘Katte by Bronkhorstbaai in strikke gevang’. – Red

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger