Inwoners gaan gebuk onder vloedskade Print E-mail
News - Aktueel
Friday, 22 January 2021 13:22
Untitled Document

Swaar reën op 10 Januarie het skade aan huise in die ooste van Pretoria aangerig.

Lulu van der Spuy van die kompleks Willow Park Mews in Willow Park Manor sê sy het daardie Sondagnag wakker geword met water wat kniediep deur die huis vloei. Toe sy die deur oopmaak het meer water ingestroom en een van haar katte het amper verdrink.


Lulu van der Spuy met haar kat, Annie
Foto: Jacques Naude/African News Agency (ANA)

Lulu sê dat dit pikdonker was omdat die krag afgegaan het. Groot meubelstukke het in haar sitkamer rondgedryf en haar wasmasjien en yskas is beskadig. Een van haar motorhuisdeure is van sy skarniere afgeruk. Die vloed het ook haar oond beskadig en sy kan nie die krag aansit nie, omdat dit aanhou uitskop.

Die kompleks se muur het omgeval en die elektriese omheining is vernietig.

Inwoners sê dit lyk asof vloedskade deesdae erger word omdat stormwaterdreineringstelsels nie onderhou word nie.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger