Gee hom ’n Bells! Print E-mail
News - Briewe
Friday, 22 January 2021 13:13
Untitled Document

Lucia Greyling van Cullinan: 

Vanmiddag, op pad huis toe, staan daar ’n bakkie met ‘Magalieswater’ teen die kant geskryf, tussen Cullinan en Rayton. 

Die bestuurder het uitgeklim en met ’n groot voersak in sy hand, was hy besig om die rommel langs die pad, wat in die gras lê, op te tel en dit uit sy eie uit!


Die hoofpad (R515) na Cullinan ná ’n groepie vrywilligers 40 sakke gemors opgetel het
Foto: JB Bekker

As ons nou nie in grendelstaat was met alkohol nie, het ek sowaar uitgeroep: “Gee die man ’n Bells!” Want daardie man verdien dit!

Ons hoor dat Cullinan-inwoners in vrywillige groepies opgedeel het om die rommel langs die hoofpad op te tel. Teen die Bronnie se saktyd het die eerste groepie vanaf Zonderwater tot Hinterland skoongemaak en 40 swartsakke gemors opgetel. Later daardie week is voortgegaan met skoonmaakwerk langs die paaie. – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger