Met hierdie laaste Bronnie-uitgawe van dié jaar lê 2020 bykans op sy rug. Dit was ’n jaar wat meestal om die verkeerde redes onthou sal word. Die pandemie het die ganse wêreld verander en in baie gevalle sal die leefwyse en doen en late van die tyd voor 2020, waarskynlik nie weer beleef word nie.
Nogtans is ons by die Bronnie dankbaar om deel van ’n baie spesiale gemeenskap te kan wees. ’n Gemeenskap van vasbyters en ’n gemeenskap van mense wat vir hulle eie omgee en bystaan waar dit moontlik is. Dinge verander, maar ons mense pas aan en gaan voort.
Dit is suiwer deur genade, die volgehoue meelewing van ons lesers en getroue ondersteuning van ons vasbyt-adverteerders dat Die Bronberger in hierdie buitengewone omstandighede, buitengewone stappe kon doen om te verseker dat die gebied se eie gemeenskapspublikasie steeds maandeliks beskikbaar is.
Trouens, deur die bykomstige toetrede van elektroniese verspreiding saam met die gedrukte Bronnie, kon ons ’n aansienlike groei in leserstalle toon. Iets waarvoor ons oneindig dankbaar is.
Gun ons hier die voorreg om aan al ons lesers en adverteerders ’n Geseënde Kersfees en ’n nuwe jaar gevul met voorspoed en aangename verrassings, toe te wens!
Ons skep asem
Soos gebruiklik oor die Kersvakansie, skep die Bronnie se mense ’n bietjie asem. Ons kantore sluit vanjaar reeds op Vrydag 4 Desember en maak weer amptelik oop op 4 Januarie 2021.
Ons sperdatum vir die ontvangs van advertensie-besprekings en bydraes vir Januarie 2021 se uitgawe is op Woensdag 13 Januarie en die plan is om die eerste Bronnie van die nuwe jaar op Woensdag 20 Januarie te begin versprei.
Ons bly in die vakansietydperk beskikbaar vir besprekings en navrae en adverteerders en lesers is welkom om met ons kontak te maak:
Tania: 072-089-0227 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Angie: 083-959-1016 of
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Gerhard: 082-377-6807, of Hannes 072-992-5440. |