Nuwe dokumentêre opname fokus op krygsgevangenes Print E-mail
News - Toeka se dae
Saturday, 14 November 2020 08:20
Untitled Document

’n Nuwe dokumentêre program oor die Boerekrygsgevangenes van Sint Helena is op 11 Oktober deur die Pretoria-gebaseerde Dapper Media bekendgestel.


Boere buite High Knoll Fort
Foto: https://sthelenaisland

Dit gaan oor die geskiedenis van die eiland, Sint Helena, en die rol wat dit in die Engelse Oorlog gespeel het. In dié oorlog (1899–1902), het die Engelse sowat 27 000 krygsgevangenes geneem, van opgeskote seuns tot 80-jarige mans.


Boerekrygsgevangenes word in
Jamestown ingebring
Foto: https://sthelenaisland

Boerekrygsgevangenes in een van die kampe
op Sint Helena
Foto: https://sthelenaisland

Sowat 6 000 Boerekrygsgevangenes is op Sint Helena, ’n eiland van 121 k㎡ in die Atlantiese Oseaan, aangehou. Die eerste groep Boerekrygsgevangenes het op 16 April 1900 op Sint Helena voet aan wal gesit en is in twee kampe aangehou: Broadbottom en Deadwood, en die onversetlikes in Fort Knoll.


Boerekrygsgevangenes het dié gedenkteken, wat in 1902 deur ds BJ Wessels onthul is, self gebou
Foto: Wikipedia

Gevangenes se kwartiere het grootliks bestaan uit tente en hutte wat saamgeslaan is uit sakke en sinkplate. Voedselverskaffing was oor die algemeen onvoldoende en die voorsiening van varswater was ’n probleem.


Boerekrygsgevangenes op parade in Jamestown, Sint Helena
Foto: https://sthelenaisland

Die Boerebegraafplaas op dié eiland bied ’n laaste rusplek aan 180 krygsgevangenes. Amper 5 000 oorlewendes wat bereid was om die Rooi Eed te teken, is vanaf middel 1902 na Suid-Afrika gerepatrieer. Die bittereinders het ‘n ruk langer op Broadwood-kamp agtergebly.


Bittereinders in die Broadwood-kamp
Foto: Wikipedia

Die nuwe dokumentêre program bied ’n terugblik van 20 minute lank saam met die sanger en liedjieskrywer, Adam Tas, AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, en Meyer le Roux, mede-eienaar van die Buffelsfontein-groep, en kan gratis gekyk word op www.dappermedia.co.za.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2020 Die/The Bronberger