Verskrikte honde ná vier dae uit drein gered |
|
|
News -
Artikels
|
Friday, 16 October 2020 12:40 |
Untitled Document
Dit gaan goed met die twee honde wat onlangs deur die mense van Wet Nose diereskuiling uit ’n stormwaterdrein op Bronkhorstspruit gered is, nadat hulle minstens vier dae daar vasgekeer was – sonder kos of water. Hoe die honde in die dreinstelsel beland het, bly ’n raaisel.
Die verskrikte Rommel en Roffel ná hulle vier dae in ’n stormwaterdrein vasgekeer was
Wet Nose het ’n oproep van ’n besorgde inwoner van die dorp gekry; ’n inspekteur van die diereskuiling het ondersoek ingestel en vasgestel dit sou nodig wees om swaar betonblokke te lig om die honde te red. Sy het die skuiling se onderhoudbestuurder gebel wat met hulp opgedaag het. Die vasgekeerde honde is met groot moeite uitgehaal.
Wet Nose se mense moes behoorlik spook om die vasgekeerde honde te bevry
Volgens Veronica van Greunen van Wet Nose is die twee Rommel en Roffel gedoop en daar is dadelik begin om vir hulle broodnodige voeding en water te gee. Die twee is intussen ‘reggemaak’ en het die nodige inspuitings op hulle herstelpad ontvang, sodat hulle deur liefdevolle eienaars aangeneem kan word. |
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za |
|