My hartseer en blydskap Print E-mail
News - Briewe
Friday, 16 October 2020 12:30
Untitled Document

Renee Thomson van Donkerhoek:
Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om vir julle baie, baie dankie te sê dat julle ons genoem het in die nuutste Bronnie, julle 18de verjaarsdag-boek.

Eerste my hartseer toe ek kom by die gedeelte oor merkwaardige mense en ek sien vir Anieta Armand. Sy het saam met my oorlede man Willem gewerk, en was so baie hier by die Boskombuis. Sy was in ons begin-dae ook ons gasbeoordelaar met ons snoek- of potjie-kompetisies.

En toe my baie goeie vriendin, Barbara Bennet of BosBabes soos ons haar genoem het; dr Lademan, my veearts; en tannie Lucia (ek dog dis net gister wat ek haar raakgeloop het!).

Ek blaai verder en kom by die artikel oor geregte en plekke. Ek blaai om en sien iets bekends! Die plek lyk dan bekend! Dis dan ons plekkie. Ek kan nie my blydskap en gevoel van trots beskryf dat ons deel uitmaak van onthou-kos deur 18 jaar nie. Baie, baie, baie dankie. 

Ek nooi vir Vreethans en sy Metgesel uit om ons beesstert ook op proef te kom sit. Maar ’n gereg wat deesdae ook baie gewild hier by ons raak is ons “ribs en tjips”. Miskien sal hy dit ook geniet? 
Weereens, baie dankie.

Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za
 

© 2024 Die/The Bronberger