Van Butler tot Botha, van Prinsloo
en Spies tot Ronge, die
plaasbegraafplasies in die
Donkerhoek en Kleinfontein-distrik
lewer ’n interessante mengsel van
Engelse en Afrikaanse vanne.
In Die Bronberger se Junie-uitgawe
het ons vertel dat die Genealogiese
Genootskap van Suid-Afrika (GGSA)
’n elektroniese databasis van grafte
hou en dat ’n mens nou, as deel van
dié projek, op die Internet met
‘Google Earth’ na die begraafplasies
in die Bronberg-gebied kan gaan
kyk.
In Junie was dit die Boschkopse
plaasbegraafplasies se beurt en dié
maand vlieg ons oor die Donkerhoek
en Kleinfontein-distrik.
Die oudste grafsteen in die
Donkerhoek begraafplasie
Bygaande foto wys hoe begraafplaasmerkers
vir dié distrik op GGSA
se ‘Google Earth’ kaart aangedui is.
As jy op een van dié merkers klik kry
jy die volgende inligting: Die naam
van die plaas, distrik, provinsie en
aanwysings hoe om daar uit te kom.
Jy kan ook sien hoeveel name op
die grafstene in die begraafplaas is
en die GPS koördinate van die plek
kry.
Op sommige merkers is daar ’n
direkte skakel na ’n foto album van
dié spesifieke plaasbegraafplasie by
GGSA se webtuiste. Daar kry jy gewoonlik
’n rowwe padkaart van die
gebied, foto’s van die afdraaipad na
die begraafplasie, ’n algemene foto
wat die hele begraafplasie wys en
foto’s van elke grafsteen. Daar
word ook aangedui wie die foto’s
geneem het. Vir die Donkerhoek en
Kleinfontein-distrik is die fotograaf
Mieder Viviers.
Die ingang na die begraafplasie op plot 51, Donkerhoek
Daar is vyf plaasbegraafplasies op
die plaas Donkerhoek 365 en vyf op
die plaas Kleinfontein 368. Net die
begraafplasie op die plaas Tandum,
Kleinfontein is afgeneem. Daar is slegs drie grafstene: Elizabeth
Johanna Botha (nee Pretorius),
1854-1933, Johannes Jacobus
Botha, 1839-1923, en Maria Katrina
Elizabeth Botha (nee JV Rensburg),
1901-1931.
Van die vyf Donkerhoek plaasbegraafplasies
is daar net foto’s vir
begraafplaas nommer drie op plot
51. Hier is 17 grafstene waarvan
12 Prinsloo-grafte is. Daar is ook
Butler, Ronge, Spies, Wilkins en
Williams grafte.
Die graf van Maria Katrina Elizabeth Botha op Tandum
Daan Wilkins is so onlangs as 2001
daar begrawe. Die oudste grafsteen
is dié van Maria Magdalena Prinsloo
wat van 1932-1933 gelewe het.
Dit lyk asof die begraafplasie steeds
in werking is, omdat baie van die
dubbelgrafstene se name nog nie ’n
sterfdatum op het nie.
Dis ?n graf in die gras ? die begraafplasie op Tandum, Kleinfontein
As jy ’n begraafplasie op jou grond
wil laat aanteken, kan jy praat met
Johan Viktor van die Pretoriagebaseerde
tak van GGSA. Stuur vir
Johan ’n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of bel
hom by 082-856-0942.
Besoek die GGSA se skakel na die
‘Google Earth’ begraafplaasprojek
by www.gensa.info.
Begraafplaasmerkers vir die Donkerhoek en Kleinfontein-distrik op
GGSA se ?Google Earth? kaart |