Weereens was daar oorweldigende positiewe reaksie op die tweede Bronnie wat noodgedwonge elektronies uitgegee moes word. Ons plaas enkele van die boodskappe wat ons ontvang het hier. – Red:
Helena Naudé Potgieter: Wat ’n heerlike verrassing om my Bronnie weer via e-pos te kry. Baie dankie julle. Die mooiste voorblad daarby! As daar nou een goeie ding is in hierdie grendeltyd, dan is dit dat die nare Covid nie ons Bronnie kon plattrek nie!
Gideon van Zyl: Ek wil ook net my dank uitspreek vir die Mei Bronnie wat ek per WhatsApp ontvang het en die afgelope twee ure heerlik sit en lees terwyl ons in die Bronberg Bewarea sonder elektrisiteit is!
John-Ernest Fogwell: Ek wil net graag vir julle gelukwens met julle “nuwe” aanlyn Bronberger. Dit was lekker om dit nou weer te kon lees. Behalwe as gebruiker wil ek ook as DCC president vir julle gelukwens vir die entrepreneursgees onder strawwe omstandighede. Dit is so lekker om te sien hoe ons besigheideienaars positief en innoverend bly tydens dié tye.
Juanita Jamneck van Mooiplaats: Baie dankie vir julle moeite met die elektroniese Bronnie – dit werk goed. Dit was vir my baie hartseer om te lees dat Petro Lemmer-hulle van hulle plot afgedwing is. Die wetteloosheid en die hartseer wat dit veroorsaak, is ontstellend.
Eus de Clerk: Aan almal by Die Bronberger wat so hard gewerk het om ons geliefde Bronnie elektronies te publiseer: Julle is sterre!
Stienie Venter: Kan nie wag vir die Bronnie om hom weer in my hande te kan hou nie. Jinne man, dit sal wonderlik wees!
Katy Marais: Duisend dankies. Julle is tops.
Nicky Smit: Wow! Baie dankie; dit lyk goed. Dankie vir al julle moeite.
Herman Du Plooy: Baie dankie; ek waardeer dit. So interessant soos gewoonlik.
Myda Cronje: Baie dankie vir julle ekstra moeite om die Bronnie by ons uit te kry. Dankie dat julle die ekstra myl te loop sodat ons dit kan ontvang.
Marietjie Alers: Gister my elektroniese Bronnie gekry en gelees. Dankie Gerhard, Angie en span. Julle is tops!
Gnatius de Lange: ‘Great Stuff'.’ Dankie aan die hele Bronnie-span vir die elektroniese uitgawe. Dit sal lekker wees om weer die papierweergawe te kan vasgryp.
Vivienne van Dyk: Dankie, julle het weer soveel mooi positiewe insette geplaas. Geen wonder nie dat Die Bronberger so populêr is.
Austin Smuts: Hoop dit gaan goed daar by julle. Baie dankie; ek kan nie wag om dit te lees nie! Gaan dit slegs elektronies versprei word of ook ’n gedrukte weergawe? Sommer nuuskierig.
Louise Pretorius: Kan ek vra dat daar asseblief ook maandeliks vir my ’n kopie van Die Bronberger aangestuur kan word. Ons bly op Mooiplaats, maar kry net nooit een naby aan ons nie.
Louisa Marè Pretorius: Ek het gister my eerste Bronnie per e-pos ontvang. Baie dankie daarvoor.
Magda Oosthuizen: Ja, ons is baie dankbaar vir Gerhard en Angie en die res van die span.
Gustav van Aardt: Baie dankie, hoor. Dis so gaaf om dit direk op die e-pos te ontvang. Waardeer.
Gertie Stofberg: Baie dankie. Dit beur darem nou my ‘Blou Maandag’ op. Groete daar en pas mekaar mooi op. |