News -
Briewe
|
Thursday, 23 April 2020 08:00 |
Untitled Document
Muriel Cornell van Zwavelpoort:
Ai, dit is weer ’n lekkerte om vir julle met trots nuus te bring oor die harde werk en voorbereiding om te kan spog met die mooiste mielielande op Zwavelpoort.
Oupa Russel Cornell, Clyde senior en Clyde junior het saam gewerk as ’n span: Vanaf die voorbereiding tot die eindproduk. Kleinkinders Marilyn en Ronnie smul te lekker aan die varsste mielies uit oupa se lande.
Die Cornells van Zwavelpoort
Dis ’n genade gawe om geseënd te wees met vrugbare grond, groen-vingers en genade-water van ons Hemelse Vader.
Die waters uit ons mooie hemele het die groei van die mielies aangehelp; hulle het uitgetoring en die hoogte ingeskiet. Die lande hoef nie een keer boorgatwater te gekry het nie.
Spanwerk maak alles moontlik. Sò pluk ‘n mens van vrugte tot mielies met deursettingsvermoë. |
Ondersteun die Bronnie
Die gevolge van die inperkingstyd noop ons om ‘n beroep op lesers te doen. As onafhanklike gemeenskapspublikasie bring Die Bronberger die afgelope 18 jaar jou gemeenskapsnuus gratis na jou toe. Dit is ons plesier om dié diens te lewer en as jy ‘n vrywillige bydrae lewer, help jy ons om dit wat jy graag wil lees, te skryf. Hoe klein of groot ook al, help jou finansiële bydrae ons om ‘n eiesoortige gemeenskap aan te hou dien.
Elektroniese oorplasing:
Naam: Bronberg Uitgewers
Bank: First National Bank
Tak: Olympus Plaza
Takkode: 258155
Rekening: 62446997407
Soort: Tjek
Verwysing: Donasie (jou naam)
E-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Nuuste Koronavirus statistieke:
Aflaai van die Die Bronberger April weergawe in elektroniese PDF formaat:
|
|