News -
Ons Omgewing
|
Wednesday, 25 March 2020 06:43 |
Untitled Document
Vriende van Serene Valley het die Moreletaspruit op 22 Februarie skoongemaak. Voorsitter, Carol Martin, berig dat 20 sakke vol rommel, hoofsaaklik plastiek, in modderige en oerwoudagtige omstandighede opgetel is.
Skoonmaak in modderige en oerwoudagtige omstandighede
Die Vriende het 7.30 vm by die voetgangerbruggie tussen Gilda- en Kentiastraat bymekaar gekom en het tot 9 vm gewerk. Meer as rommel is gevind toe twee meisies ‘n skedel van een of ander soort dier gevind het. Hulle het die skedel versigtig uitgegrawe om vir hulle skool se laboratorium te skenk.
Die meisies grou die diere-skedel oop
Foto’s: Carol Martin
Serene Valley is deel van die groenstrook langs die Moreletaspruit in Garsfontein.
|
|