Peste en plae Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 25 March 2020 06:13
Untitled Document

Eus de Clerk van Cullinan:
Sedert Junie verlede jaar probeer ek al om ‘n onwettige vullishoop op Cullinan te laat skoonmaak en opruim. Die vullishoop is sowat 50 meter vanaf die Magalies Waterwerke se grensdraad. Rotte, muskiete, vlieë, kieme, peste en plae broei hier uit. Die kanse dat die water in die damme besoedel kan word, is ‘n werklikheid.

O, ja. Daar is ook ‘n plakker (ek verkies om hom ‘n ‘skwatter’ te noem) wat op die vullishoop sy intrek geneem het. Volgens hom bly hy al drie jaar daar.

Na hope e-pos, telefoongesprekke, vergaderings, WhatsApps en SMS’e het ek nog niks bereik nie. Die ou speletjie, ‘Passing the Buck’, word uitstekend deur die professionele Tswane munisipale span gespeel. (In dié proses het ek heelwat vyande, en vriende, gemaak.)

Maar, wonder bo wonder, kry ek Dinsdag, 3 Maart ‘n e-pos van ‘n direkteur (ek sal liewer nie name noem nie) en sy verseker my dat my pyn en lyding iets van die verlede is.

Ek is in my noppies! Uiteindelik! Alles was nie verniet nie! Hah ly loe ja!

Nog voordat ek die whiskey bottle kon nadertrek om dié wonderwerk te vier, lui my foon weer. ‘n ‘Commander’ van die TMPD sê:

“Hello, we visited the illegal dump site yesterday and found that there was a vagrant squatting on this garbage dump. He has been squatting there for three to five years. According to the law, he cannot be removed unless he is given accommodation somewhere else. The garbage cannot be removed because it is the property of the vagrant.”

Nou, hier is die ding: Die ‘commander’ het dit duidelik gemaak dat die hoofrede waarom die ‘skwatter’ nie van dié broeiplek van die peste en plae verwyder mag word nie, is dat dit sal “infringe on his dignity and human rights”.

So . . . Daar het jy dit. Ent van die prent.

Brief verkort. – Red

 

© 2024 Die/The Bronberger