Hier kan jy ‘n moeitelose Kersmaal in ons gebied geniet Print E-mail
News - Vreethans
Tuesday, 10 December 2019 08:04
Untitled Document

Met die oog op Kersdag en op die ‘groot eet’ wat tradisioneel daarmee gepaard gaan, is Vreethans en Metgesel gevra om ‘n paar plekke uit te lig waar lesers elders in Bronbergland kan loop aansit vir ‘n moeitelose Kersete. Dit is besluit om te fokus op plekke in die landelike oopte van ons gebied waar gesinne en geliefdes weg van die gewoel af dié spesiale dag saam kan geniet.

Kitty Hawk Klubhuis-restourant

Die klubhuis wat Kitty Hawk se restourant huisves

Baie van dié vliegveld-kuierplek se gereelde besoekers sal (soos ons) verheug wees om te verneem dat Lynette Breytenbach met haar besondere koskennis en -ervaring weer in beheer staan van Kitty Hawk se kuierplek. En op Kersdag kan ‘n feesmaal soos min in dié klubhuis, of op sy stoep of grasperk geniet word. Dis rustig en ruim by dié plek met ‘n mooi uitsig oor die Boschkoprandjies. Die spyskaart wat Lynette beplan is:

Voorgeregte: ‘n Verskeidenheid broodjies en vetkoekies met patee en konfyte.

Slaaitafel: Stampkoring, waatlemoen en spanspek, soetsuur groente en -vrugteslaai en koperpennieslaai.

Vleisgeregte: Lamsboud met kruie-bruinsous, gepekelde varkboud met mosterdsous en outydse hoenderpastei.

Bygeregte: Gegeurde rys, aartappel-wiggies, groenbone, spek en piekeluie en lemoenpatats.

Nagereg: Suurlemoen-vlatert, aarbei-verassing, roomys en sjokoladesous, rum-truffles, pofrysblokkies, sjokolade fudge en koesisters.

Die koste is R290 per kop vir grootmense en R110 vir kinders onder 10. Die ete word vanaf 12 tot
4 nm voorgesit.

Jy draai af uit die Boschkop-teerpad om by Kitty Hawk uit te kom.   
Besprekings by Lynette: 083-518-8740 of e-pos na: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Die Boskombuis

Onder die koeltebome van Die Boskombuis se lapa

By dié eiesoortige afsaalplek op ‘n Donkerhoek-hoewe kan jy vanjaar onder koeltebome in die lapa of onderdak vir ‘n baie billike Kersete aansit. Hier het ons al die rustige en gemoedelike atmosfeer en voortreflike kos ervaar. Renee se spyskaart vir 25 Desember is:

Voorgeregte: Geurige hoenderlewertjies, romerige, kasige knoffelbroodjies en Renee se tuna-verrassing.

Hoofgang: Gebakte beesboud, gebakte varknekrol, gebakte aartappels, geurige rys, stampmielies, soetwortels, groenboontjies, pampoenkoekies, mengelslaai, beetslaai en aartappelslaai.
Nagereg: Roomys met sjokoladesous.

Die koste is R200 per persoon. ‘n Musikant sal dié dag optree. Jy draai af met die pad na Kleinfontein en draai regs by die aanwysingsbordjie.

Bespreek by Renee: 083-485-2529.

Monte de Dios

Deel van Monte de Dios aan die voet van die Bronberg in Zwavelpoort

Aan die suidelike hang van die Bronberg in Zwavelpoort is die imposante opstal en buitegeboue op ‘n mooi perdehoewe as funksie- en kuierplek ingerig. ‘n Uithang buffet-ete word op Kersdag hier langs Achillesweg bedien.

Voorgeregte beskryf hulle as ‘n oestafel (harvest table) en dit bevat: Tuisgebakte broodkeuse met smere, patee en doopsouse, aartappel-en-prei-sop, tuinslaai in seisoen met die nodige bykomstighede, kouevleise, kaaskeuse, vrugte, bees- en hoenderhappies.

Hoofgeregte: Geroosterde bees met ‘n mosterdkors en bourbon-garnering, ‘gammon’ met heuning en naeltjie garnering, geroosterde suurlemoen en tiemie hoender, gekruide baba-aartappels, gegeurde rys, gemengde geroosterde groente, soet kaneel-botterskorsie-en-spinasie.

Nageregte: Mini melktertjies, sjokolade ‘brownies’, vars bessie-kaaskoek, wortelkoek met sade en bosbessie, verskeidenheid Kers-lekkers (lamingtons).

Die koste is R470 per persoon. Jy ry oos met Achillesweg en draai ‘n entjie voor die druiweplaas links.

Besprekings en navrae by: 087-654-4457 of e-pos This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

The Farm Inn     

Feestelike tafels vir ‘n Kersete by The Farm Inn

Jy draai uit vanaf die Silver Lakes-pad om by The Farm Inn uit te kom. Deur die jare het dié plek bekend geword vir hulle amperse oordadige Kersdagetes. Jy kan ontbyt en/of middagete geniet en teen iets ekstra sluit dit ‘n wildrit in. Ons bepaal ons by die middagmaal:

Voorgeregte: Vark en spek ‘terrine’, gekerfde, gepekelde lendeskyf, gebraaide hoenderstukke, salami, ‘hickory’ ham, verskeidenheid klein pasteitjies en samosas met doopsouse.

Vis-spieël: Gepekelde vis, calamari-ringe, gerookte forel-patee, seekos ‘terrine’ en Thai viskoekies.

Broodtafel met tuisgemaakte klipgemaalde koringbrode, platbrode, gesondheidsbrode en vetkoek.

Slaaie: Beetslaai, koolslaai, drieboneslaai, Griekse slaai, couscous-slaai, tuna-pastaslaai en geroosterde groenteslaai.

Warm buffet: Geroosterde kalkoen, geroosterde bees, gerookte ‘gammon’, geroosterde Karoolam, tradisionele hoenderpastei, Napolitaanse pasta, beeskerrie, hoenderlewer peri-peri en gebakte vis.

Nageregte: Kerspoeding met brandewyn-vla, vrugteslaai en roomys, tradisionele koekstruif, gemaalde vrugte-pasteie, verskeidenheid koeke, appeltert en sjokolade mousse.

Die koste is (sonder die wildrit) R420 per grootmens. Kinders onder 12 – R210.

Bespreking en meer inligting kan verkry word deur Ilze by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it te kontak.

 

© 2024 Die/The Bronberger