Só kan jy help teen besoedeling |
|
|
News -
Ons Omgewing
|
Monday, 19 August 2019 20:39 |
Untitled Document
Inwoners, boere en belangegroepe kan by die MAP Forum (Moreletaspruit, Apies- en Pienaarsrivier subopvangsgebied) aansluit om waterbesoedelingsprobleme aan te spreek.
Verlede maand het ons berig dat die Pienaarsrivier erg besoedel is met rou riool by Baviaanspoort in Kameeldrift langs Zambeziweg-verlenging (R513). Henri Combrink, voorsitter van TLU Cullinan Boere-Unie, het gesê dat hy al ’n paar keer daar stilgehou en foto’s geneem het. Hy het dit met ’n klagte na die stadsraad gestuur maar daar het “dadels van gekom”.
Riool in die Pienaarsrivier
Foto: Karen Yssel
Inwoners met sulke klagtes is welkom om by die MAP Forum aan te sluit. Dié forum werk nou saam met die Nasionale Departmente van Water en Sanitasie, Omgewingsake en Mynbronne, asook die Tshwane Metroraad, Limpopo-Noordwes Subopvangsgebied Bestuursagentskap en die private sektor oor enige iets wat die Moreletaspruit, Apiesrivier, Pienaarsrivier en hulle sytakke raak.
Map Forum is ‘n wettig erkende forum en die voorsitter is Erica Bergman. Stuur vir haar ‘n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
; besoek die webtuiste by https://mapforum.co.za of skakel
012-349-2022 of 084-505-0158.
|
|