Rou riool in Pienaarsrivier Print E-mail
News - Aktueel
Tuesday, 23 July 2019 11:13
Untitled Document

Die Pienaarsrivier is erg besoedel met rou riool by Baviaanspoort in Kameeldrift langs Zambeziweg-verlenging (R513). Dié vars riool beland in die Roodeplaatdam.

Die Pienaarsrivier loop dwarsdeur die Bronberg-gebied. Sy bo-lope is suid van die Bronberg op die grens van Bashewa en Tierpoort. Die rivier kom deur die Bronberg by Nkwe Ontspanningsoord se poort en loop dan noordwaarts.


Die deel van die Pienaarsrivier waar riool ronddryf


Riool opdrifsels

Karen Yssel, voorsitter van die Cullinan Gemeenskapspolisiëringsforum, het dié foto’s van die besoedeling geneem. Henri Combrink, voorsitter van TLU Cullinan Boere-Unie, het gesê dat hy al ’n paar keer daar stilgehou en foto’s geneem het. Hy het dit met ’n klagte na die stadsraad gestuur maar daar het “dadels van gekom”.

 
Besoek die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se webwerf vir alle amptelike inligting en opdaterings rakende COVID-19 by www.SAcoronavirus.co.za

© 2021 Die/The Bronberger