News -
Briewe
|
Tuesday, 26 February 2019 08:04 |
Untitled Document
Daleen Reiners van Bashewa skryf:
Elke jaar so Desember/Januarie gewaar ek die koningrooibekkie. Ek sit elke oggend wilde voëlsaad uit. Van sonop tot sononder is hy besig om almal weg te jaag by die kosbak. Nie dat hy self baie eet nie.
Ek glo hy is gedaan saans, want hy is heeldag besig om oorlog te maak. Na so drie of vier weke verdwyn hy. Blykbaar is dit in die broeiseisoen wat hulle so aggressief is. Dit is vir my baie interessant. Ek kyk maar net die spulletjie so elke dag, want inmeng kan ek nie.
Ek wou dit net graag met julle deel.
In ons Leserslens-afdeling is daar juis ‘n foto van so ‘n koningrooibekkie wat deur Gene de Lange op Bashewa geneem is. Dié outjies is glo onherkenbaar bedeesd as hulle daardie lang stertvere ná die broeiseisoen verloor. – Red |
|