Vreemde wolkverskynsel Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 23 October 2018 11:22
Untitled Document

Bronnielesers het aan die begin van Oktober na hulle kameras gegryp om die vreemde, ronde wattewolke wat oor die gebied gevorm het, af te neem. Die verskynsel staan bekend as mammatus-wolke.

In die oop lug van Nooitgedacht het die wattewolke duidelik vertoon
Foto’s: Reline Badenhorst

Dié balvormige wolkformasies word aan die onderkant van die ‘moederwolk’ gevorm as koue lugstrome afwaarts deur die wolk beweeg en vogtige lug met droë lug in aanraking kom.


Alet Erasmus het dié foto van Montana se kant af geneem

Die Latynse woord ‘mammatus’ beteken kortom uier of bors. Die verskynsel is die eerste keer in 1894 deur William Clement Ley opgeteken.


Emma Koekemoer het die mammatus-wolke kort voor skemer afgeneem

 

© 2024 Die/The Bronberger