Vind familie in ‘Digter ontsnap’ Print E-mail
News - Briewe
Saturday, 24 February 2018 13:25
Untitled Document

Alet Erasmus van Kleinfontein skryf:
Soos altyd ‘n interessante Bronberger! Selfs ‘n stukkie geskiedenis van familie aan vaderskant in ‘Digter ontsnap in hoë hakke en kappie – en dis nie al nie’.

Jan FE Cilliers se dogter Marie, wat getroud is met oom Hugo Stegmann, was my ouma (Hester F Stegmann, getroud met TI van Wijk) se broer. 

Marie Stegmann se dogter, Elsa Coetzee, was my pa se niggie. Hulle het vir jare in die De Wildt-omgewing gewoon tot haar man Pittius oorlede is. Tannie Elsa is toe na ‘n aftree-oord in Centurion waar sy twee maande ná haar intrek, tragies vermoor is.

As kind besef jy nie altyd die waarde van familiegeskiedenis nie. My pa is agt jaar gelede oorlede, en gevolglik kan ek nie meer inligting by hom kry nie. Ná tannie Elsa se dood en aangesien daar so ‘n groot ouderdomsgaping tussen my en tannie Elsa-hulle se kinders was, het ons ook ongelukkig nie kontak gehou nie. Ek gaan nou kyk of ek van hulle kan opspoor sodat ek die artikel onder hulle aandag kan bring.

Ek onthou wel dat my ouma, terwyl sy vir ‘n rukkie by ons gewoon het ná oupa se afsterwe, met regte botter, regte skilferkors-hoenderpasteitjies gebak het om vir oom Hugo te neem wat op daardie stadium in die destydse Eastwood-tehuis versorg was. Ek onthou tot vandag toe daardie heerlike tertjies.

 

© 2024 Die/The Bronberger