Leserslens Januarie 2018 Print E-mail
News - Rubrieke
Friday, 26 January 2018 16:35
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.  Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ‘n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer. -Red


Stadig oor die klippers . . . Denice de Beer het dié ‘aksiefoto’ geneem


. . . maar danksy die werk van die windpomp, nie die geval in die plaasdammetjie nie
Foto: Ronell van der Merwe 


Johan Lourens het dié ligvertoning oor Boschkop vanaf Tierpoort voor die lens gekry


Knap voor Kersfees het Alet Erasmus dié oomblik vasgevang


Die voordeel en vreugde van kindwees ná die reën
Foto: Emma Koekemoer


Dié wonderlike water-foto is deur Ludwieg Botha op Weerbegin familieplaas naby Cullinan geneem


Ben en Maria van der Vyfer van Cullinan het die haelkorrels, wat groter as R5-stukke was, op
30 Desember afgeneem. “Gelukkig was daar geen skade nie,” sê Ben “behalwe die rooi kolle op my rug toe ek ’n kombers oor die kar se dak gegooi het”. 

 

 

© 2024 Die/The Bronberger