Hoe het mense Kersfees ‘n 100 jaar gelede ervaar? Nuusgebeure in die jaar 1917 is deur die Tweede Wêreldoorlog oorheers, maar dit is ook die jaar wat die heel eerste Pulitzerprys toegeken is.
Op die plaaslike front is dit die jaar wat die eerste uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns uitgegee is. Op 25 September het Suid-Afrikaanse sakeman en stigter van die diamantkartel wat deur De Beers beheer is, Ernest Oppenheimer, Anglo-American Corporation gestig.
Dit was die jaar wat Afrikaanse digter, joernalis en omroeper, Sarel Jakob (SJ) Pretorius, wie se gedigte voorgeskrewe materiaal in Suid-Afrikaanse skole geword het, gebore is en oud Anglo-Boere-oorlog stryder, generaal Ben Viljoen, oorlede is. Alwyn Schlebusch, Oliver Tambo, Helen Suzman en Bobby Locke is ook in 1917 gebore.
Op die internasionale front was dit die jaar van die Russiese Rewolusie en Tsaar Nicholas II is gedwing om te abdikeer. Sy broer het geweier om oor te neem en so het meer as 300 jaar se Romanov-dinastie tot ‘n einde gekom. Dit was ook die einde van Kersfeesviering, wat vir dekades lank in Rusland verban is.
‘n Militêre plakkaat van 1917 wat Suid-Afrikaanse mans oproep. Die verwysing is na Edith Louisa Cavell, ‘n Britse verpleegster wat baie lewens gered het. Sy het 200 geallieerde soldate uit België help ontsnap, is gearresteer, skuldig bevind aan verraad en tot die dood veroordeel. Louisa is deur ‘n Duitse vuurpeloton doodgeskiet
Foto: Pinterest
Kleredrag van vroue van verskillende leeftye by Dingaansfeeste in 1917
Foto: Geheugen van Nederland
‘n Vyfpond-noot van Standardbank van Suid-Afrika, uitgegee in Pretoria op 1 Januarie 1917. Jan van Riebeeck is links en Britannia regs
Foto: The Saleroom
Die Pretoriase Islamitiese Vereniging is in 1917 gestig en het ses erwe van die Pretoriase stadsraad gekoop om die moskee, Islamitiese skool, biblioteek en winkels te bou. Dié ou moskee in Mogulstraat, Marabastad, is later gesloop
Foto: A Glimpse into Marabastad
Medalje: Robertshoogte, Pretoria, Kersfees, 1917
Foto: Bid or Buy
‘n Tipiese advertensie in ‘Die Brandwag tijdskrif vir die huisgesin’ van Januarie 1917. Die taalgebruik wys dat Afrikaans nog nie heeltemal vasgelê is nie en ‘n Hollandse invloed is duidelik sigbaar
‘Pyn in de rug’ is die naam van die advertensie vir De Witts Pillen in Februarie 1917 se ‘Die Brandwag’
‘De Huisgenoot’, Junie 1917
“Nog 72 Ford Karren” word op die voorblad van ‘Het Volksblad’, Dinsdag 20 Maart 1917 geadverteer
Tsaar Nikolaas II en sy gesin
Foto: Smithsonian Mag
Vreesaanjaende kosmetiese rubbermaskers van 1917
Foto: Hygiene of the Face & Cosmetic Guide from 1917
Ná entoesiastiese vieringe van Oujaarsaand 1917 lees die voorblad-advertensie in ‘Die Volksblad’ van 8 Januarie 1918 as volg: “Staat Op! Drink Castle Bier. Inspannen! Trek!”
Rokmodes van Butterick in 1917
Foto: Witness2Fashion
‘n Tweede Wêreldoorlogse tenk in aksie pronk op dié 1917 Kerskaartjie
Foto: worldwar1postcards
“The Last Round”. “Best wishes for Xmas 1917 and New Year 1917-1918 from XI Corps BEF”
Foto: worldwar1postcards
Dié 1917-18 kaartjie wys ‘n oorlogstoneel met fakkel-bom in plaas van die Ster van Bethlehem
Foto: digventures
In 1917 was Meccano baie gewild onder seuntjies wat self speelgoed wou bou
Foto: Period Paper
Kerspresente vir seuntjies kon uit dié katalogus van 1917 bestel word
Foto: Toys A Visual History
Papierpoppe was gewilde geskenke vir meisies in 1917. Dié advertensie wys: “Sylvia and Her Seven Frocks, The Designer 1917 Nurse Outfit”
Foto: Pinterest
Die Dolly Dingle papierpop se 1917 toer om die wêreld deur Grace Drayton
Foto: Pinterest
Die Uneeda-poppe, wat tot 1961 gewild was, het in 1917 vir die eerste keer op die mark verskyn en sou ‘n goeie Kersgeskenk gemaak het
Foto: Doll Reference
Die Bleuette-poppe was menige dogtertjie se Kersdroom in 1917
Foto: House-of-Bleus
Selfs seuntjies kon in 1917 met papierpoppe speel. Hierdie is die “Betty Bonnet’s Army and Navy Cousins’ reeks deur Sheila Young
Foto: Pinterest
‘n Tipiese Kersboom in 1917. Die seuntjie op die driewiel is Fitzhugh en sy sussies is Nellie, Blanche en Frances Swain
Foto: Frances Swain
Dié 1917-18 Kersfees en Nuwejaarskaartjie bied ‘n humoristiese blik op die oorlog. “By gum,” sê die soldaat oor die bebaarde man wat bottels drank aandra. “Ol’ Father Christmas!!! |