In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas.
Chamanda Prinsloo het dié sonsondergang op 12 Junie op Donkerhoek afgeneem
Bloeisels en bytjies in Junie is nie alledaags in Tierpoort nie, sê Belinda van Wyk Hatting oor dié foto van haar
Kaktusblommetjies voorsien winterkos vir die bye van Bashewa
Foto: Gene de Lange
Jan Munnik van Bashewa het die laksmanprooi op sy Bashewa-hoewe raakgeloop. Hy noem dit ‘winterbiltong’
Gert Erasmus het dié perskebloeisels in die eerste week in Julie by sy werk by Lemon Tree in Cullinan afgeneem
Adele Roberts het dié foto op 5 Julie by World’s View landgoed tussen Cullinan en Rayton geneem
Met 9 Julie se volmaan het Emma Koekemoer van Rayton gereed gesit om die maan in haar volle glorie af te neem soos die son al hoe dieper agter die horison verdwyn |
Daar waar die son en die maan ondergaan . . . Nooitgedacht; Rayton
Foto: Reline Badenhorst
Diep winter by die Rietvleidam dien die kwynende sonnetjie bloot as ’n kleurtrosie teen die oewerkoue
Foto: Hermann Grobler
’n Troppie elande smelt saam met die vaal winterweiding by die Rietvlei-natuurreservaat
Foto: Hermann Grobler
|