In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas.
Nadine Bennet het ’n mishandelde donkievul aangeneem en hom met sorg en liefde stadig maar seker reggedokter. Sy het hom Dexter gedoop
Carel Breytenbach sê oor dié foto wat hy gestuur het: “Na die redelike goeie reën die afgelope tyd op Kleinfontein bring die vrugte van die ranteveld ook hulle kant. Die pragtige vruggies is die van die grysappeltjie, Parinari capensis, wat geel-oranje kleur by rypwording en nie te onaardig smaak nie”
Alet Erasmus van Kleinfontein het op 6 Februarie gaan stap en afgekom op ‘n vleilelie wat gereed maak om te blom. Die volgende foto wys die pienk blomme. Hulle blom gewoonlik in Desember vir net een dag . . . “en dan wag ons maar vir volgende jaar” |
Die 22-jarige Leila Steyn neem graag foto’s in haar vrye tyd. Sy werk by Du Plooy Melkery op Kaalfontein en het dié foto in die beeste se kamp geneem
Ken Koukeas het dié treffende foto op die R50 Delmas/Pretoria-pad geneem
Heidi-Luise Lotze het dié sonsondergang op haar hoewe op Tierpoort afgeneem
Dit kos mos niks, sê Andrea Stolz, daarom laat sy die kosmosse toe om in haar tuin te blom
|