Ontmoet die Bronbergse voël
wat in verhouding met sy lyf
die langste pote in die wêreld
het. Die rooipootelsie se Engelse
naam, ‘black-winged stilt’, verwys
juis na die stelte waarop dié outjie in
die water rondloop.
Hy is ’n groot swart-en-wit waadvoël
van ongeveer 38 cm lank met
baie lang, rooi-pienk bene en ’n dun,
gepunte, swart snawel. In vlug
steek die swart ondervlerke af teen
die wit onderste dele, en die lang
bene strek opvallend agtertoe.
Die geslagte lyk eners, maar die
swart kan dowwer wees op die
wyfie se vlerke. Onvolwassenes het ’n grys agternek, dowwe swart
vlerke en grys-pienk bene.
?n Rooipootelsie-kuiken
Die rooipootelsie bly in moerasse,
riviermondings, vleie, soutpanne en
oorstroomde grond. Hulle broei
hoofsaaklik op eilande of opdrifsels
in vleie, vlak mere en damme. Die
nes is gewoonlik ’n klein holtetjie op
oop grond naby water, maar hulle
kan ook nes maak op ’n platform
drywende waterplantmateriaal.
Hulle verkies om nes te skrop waar
hulle ’n goeie 360 grade sig het.
Rooipootelsies kan alleen of in
kolonies van honderde pare broei.
Vier eiers word op ’n keer gelê en
hulle vat tussen 24 en 27 dae om uit
te broei. Nadat die eiers uitgebroei
het, is die kleintjies baie gou onafhanklik
van hul ouers.
Dié voëls is luidrugtig in verdediging
van hul nes en kleintjies. Hul roep is ’n skril, kort ‘kiek-kiek’ geluid wat
hulle veral maak wanneer hul verskrik
word.
Hulle vreet hoofsaaklik insekte,
akwatiese larwes, paddavissies,
viseiers, klein vissies en krappe,
maar sal elke nou en dan ook sade
vreet.
Rooipootelsie
Foto?s: Wikipedia
Sommige populasies rooipootelsies
migreer, maar kolonies in warmer
gebiede bly gewoonlik waar hul is of
trek net kort entjies in dieselfde
omgewing rond.
Die rooipootelsie, Himantopus
himantopus, kom voor in die suide
en suid-ooste van Europa, Sentraal-
Asië, Afrika, Australië, Sentraal-
Amerika, Suid-Amerika, Hawaii, die
Filippyne, Suid-Sentraal Kanada, en
in die weste en suid-ooste van die
VSA. |