Leserslens Januarie 2017 Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 31 January 2017 22:15
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas.


Gene de Lange van Bashewa het dié foto gestuur met ’n boodskap van Vreethans daarby: “Spyskaart is baie beperk, jy kan net groenes of perses kry en ek beveel hartlik die perses aan, soveel sappiger en soeter as die groenes. Daar is geen tafelwanderaars wat jou pla om net daar te sit en wag tot hulle eendag weer terugkom nie. Jy kan ook eet tot jou krop knuppeldik staan. Prys is ook billik, sing net ’n effe en jy kan weer gaan.” Jammer oor die steelfoto van Vreethans en Metgesel by die kuierplek


’n Tierpoortpad ná die groot reëns van vroeg Januarie
Foto: Nadine Bennet


Karel Gerber van Donkerhoek het veldblommetjies voor sy lens gekry


Die donker wolke hang swaar oor Du Plooy Melkery op Kaalfontein
Foto: Annerie van Jaarsveld


’n Uitrit na ’n welkome neerslag op Tierpoort
Foto: Charlotte Grub


Ben Geldenhuys het dié geelvink ‘hoek, lyn en sinker’ vasgevang by die Zonderwaterdam


Die son sak oor Kleinfontein op 5 Januarie 2017. Koos Reynecke het laat weet hy is bly om te sien die damwal wat hy in 1985 voltooi het, hou nog
Foto: Ben Geldenhuys


’n Rooikophoutkapper-paartjie het die aangebode stomp in Kwartelsingel, Kleinfontein aanvaar en ernstig begin voorbereidings tref met die uithol daarvan vir die uitbroei van die nuwe geslag van 2017
Foto: Carel Breytenbach

 


Op 3 Januarie het die Breytenbachs die aangename verrassing gehad van ’n klompie rooihartbeeste wat tussen die huise op Kleinfontein gaan kuier het
Foto: Carel Breytenbach


Nog ‘n dreigende storm-foto op Kaalfontein met die Pienk Koei Teetuin se plantegroei in die voorgrond
Foto: Annerie van Jaarsveld


Ses nuwe aankomelinge het hulle opwagting op Johan Pieterse se Bronberghoewe gemaak

 

© 2024 Die/The Bronberger