Wie onthou dan nou nie hulle heel eerste skooltassie (boeksak) nie? Die mengsel van reuke van toebroodjies, ‘n appel, skerpgemaakte potlode, vetkryt en klei bly menige mense tot die dag van hulle dood by.
‘n Leer skooltas uit die jare 1930/40. Hy is
42 cm lank, 31 cm hoog en 12 cm breed
.
|
Drie outydse karton skooltasse. Die kleine is 25 cm by
8 cm, die medium een 30 cm by 10 cm en die groot een
40 cm by 13 cm |
In die begin van die twintigste eeu het baie kinders hulle boeke bloot met leerrieme of belde vasgebind en oor die skouer gegooi met ‘n blik-kosblikkie in die hand. In die 1960’s het leersakke met kort handvatsels gewild begin raak.
‘n Skooltas uit 1971, toe dit algemene gebruik was om prentjies binne-in jou tas te plak
. |
In die 1930’s was dit glo die gebruik om jou boeke sommer met leerrieme, -bande of -belde aanmekaar vas te bind en oor die rug te dra |
Karton- en leertasse het vir dekades hoogty gevier tot omtrent die 1980’s toe die gesondheidskenners oor kinders se rûe begin bekommerd raak het. Skielik was dit nie meer gesond om skeef-skeef met die tas in een hand aan te sukkel nie en rugsakke het populêr begin raak.
‘Mickey Muis’ kosblikke is vanaf 1935 gemaak
.
.
. |
Frik Kleyn se ou koshuistrommel wat hy en sy broer in die 1920’s na die Hoër Volkskool op Potchefstroom se kosskool toe moes karwei. Bliktrommels soos dié was toe algemeen |
Aanvanklik het vuil-groen, kakie en bruin seilagtige rugsakke hoogty gevier, maar nylon het gou sy verskyning gemaak en kleuterskoolkinders se sakke het elke denkbare fiktiewe karakter begin uitbeeld.
In die 2000’s het kinders se boeke al meer begin raak en hulle rugsakke al hoe swaarder sodat skooltasse op wiele met sleephandvatsels gewild begin raak het. Bekende handelsname is iets waarop kinders begin aandring het.
‘n Rooi geruite blik-kosblik uit die 1950’s
. |
Historiese werkerskosblikke uit die 1880’s was die voorganger vir skoolkinders se kosblikke |
‘n Alternatiewe soort kartontassie uit die 1970’s
. |
Kosblikke, wat in die 1880’s as werkers se praktiese metaalkissies begin het, het oor die jare in mode-stellings ontaard. In die laat 1800’s het skoolkinders, wat hulle werkende pa’s wou na-aap, blykbaar soortgelyke kissies uit leë tabak- of koekblikke begin maak.
‘n Hout potloodkassie met ‘n deksel wat na die kant toe oopskuif |
‘n Hout potloodkassie uit die 1930’s
. |
Die eerste kommersiële blik-kosblikke het glo in 1902 uitgekom. Mickey Muis was ‘n gunsteling karakter wat vanaf 1935 op kosblikke begin pronk het. Die kosblik as ‘n statussimbool het blykbaar in die 1950’s van die grond af begin kom.
‘n ‘Kung Fu’ kosblik uit 1974 |
Vetkryt uit die 1960’s |
Goedkoop viniel-plastiek kosblikke het ‘n kortstondige verskyning in die 1960’s gemaak, maar is gou deur plastiese kosblikke in alle kleure van die reënboog vervang.
|