Print E-mail
News - Toeka se dae
Monday, 12 December 2016 15:39
Untitled Document

Wat sou Suid-Afrikaners ‘n honderd jaar gelede in die Kersseisoen kon koop? Hoeveel het huisware en geskenke gekos? Ons het in ou Huisgenote van 1916 rondgeblaai en wys hier advertensies vir juwele, horlosies, skoene, klere, fietse en meubels en tot selfs medisyne.

Dit is nie net die pryse wat so hemelsbreed van vandag s’n verskil nie – kyk net hoe het Afrikaans die afgelope eeu verander. Dié argaïese Afrikaans is met die Kersfees van 1916, wat in die Eerste Wêreldoorlog was, gepraat. Ons kyk ook na ‘n paar Kerskaartjies van Europese lande wat dié oorlog uitbeeld.


“Buffet in massief gerookt Eikenhout, met gesneden spiegel, twee laden en kastje beneden, breed 4 vt, £8 2s 6d”


‘n Pak klere het 75/- gekos


‘De Huisgenoot’ van Julie 1916


Kyk net na die “Boeren en Mijnwerkers Horloge – stofvrij, schroefkasten met 25-jarige geschreven garantie. Onze prijs 15/6 met ketting kompleet. Andere met hoge graad juweel ‘lever’ beweging 17/6 en 20/”. Verloofringe, “8 kt goud, gezet met 5 zeer schone echte diamanten”, kos £5 tot £60


‘Dames schoenen’ kos 21/9, ‘heren stevels’ kos 22/9, ‘dames overschoenen’ kos 5/6, 5/11 en ‘heren overschoenen’ 6/11, 7/11. ‘Dames Paraplus’ kos vanaf 8/6 en ‘heren Paraplus’ vanaf 5/9


“Op vorstige ochtenden en koude avonden” kan ‘n mens die “Perfection Oliekachel” gebruik


Dié advertensie sê dat 3 vt ‘ledekanten’ vanaf £3 10 0 kos. ‘Gras en Malakka Rotting’ stoele en tafel-stelle kos £1  15 en 6 en £1 17 en 6


‘n Fiets het ‘n hele £7 10s gekos

‘n Oostenrykse Kerskaartjie in 1916
.

Dr Van Buuren’s beroemde ‘tabletten’


“Xmas Greetings, 7th Division 1916, Yvres, Neuve, Chapelle, Festubert, Givenchy, Loos, The Somme”


‘n Mens kon skoene van Cuthberts op posbestelling koop
.
.

Op dié advertensie lees die haarborsel se byskrif as volg: “Doos met kam en borstel, beste kwaliteit. Verzilverd, 12/6, 15/6 en hoger solied zilver, 15/6, 21/-, 30/- en hoger”


‘n Ierse 1916 Sinn Féin Aboo Kerskaartjie


‘n Eerste Wêreldoorlogse 1916 Kerskaartjie: “From The 41st Div: Hoping you will ‘capture’ all the season’s pleasure”


‘n Kerskaartjie uit 1916 in die Eerste Wêreldoorlog lees: “Somme Pudding”

‘n Kersfees-seël van die Amerikaanse Rooikruis vir 1916, ontwerp deur Thomas M Cleland
 

© 2024 Die/The Bronberger