News -
Briewe
|
Tuesday, 22 November 2016 16:58 |
Untitled Document
Billy (Belinda) Crous van Cullinan skryf:
Wat ’n aangename verrassing toe ek die nuwe Bronnie oopmaak en sien my mooi boom het julle blad gehaal. Wat ’n voorreg!

Baie dankie dat ons almal die pragtige natuur wat ons ervaar met almal kan deel.
Net een ding (so lekker gegiggel) – die hy is ’n sy! Lang storie kort, ek het die bynaam baie jare terug gekry, terwyl ek nog ’n SAPD lid was en aan die sport ‘combat rifle shooting’ deelgeneem het.
Die naam is natuurlik afkomstig van die legendariese ‘Billy the kid’. Die bynaam het maar so met die jare gebly. Ek kon darem ’n bietjie raak geskiet het.
|
|