News -
Briewe
|
Tuesday, 11 November 2008 04:33 |
Untitled Document
Ouer van Zwavelpoort skryf:
As iemand wat elke dag daarlangs
moet ry, stem ek volmondig saam
met die toekenning wat gemaak is
om die mense wat verantwoordelik
is vir die pad uit Atterburyweg,
kraters van die maand te maak. Ek
wil sommer nou al my stem uitbring
as daar dalk later ’n krater van
die jaar gekies moet word.
Ek het kinders in die Presda Skool
wat langs die kraterpad geleë is en
moet elke weeksdag twee keer die
gevaarlike stuk pad aandurf.
Hulle het selfs die skool met die
laaste vakansie ’n dag vroeër laat
sluit, sodat die pad ‘geteer’ kon
word. Ons wag nou nog en by die
dag raak dit moeiliker om met die
pad te ry.
Ek wonder of die kraters wat die
pad gebou het vir my ’n nuwe
motor sal koop, want my oue gaan
dit nie meer lank hou nie. |
|