News -
Briewe
|
Tuesday, 22 January 2008 02:00 |
Untitled Document
Gerbrand Bruin van Klipkop skryf:
Die pom-pom is ’n verbode indringerplant en
moet uitgeroei word volgens die wet op
indringerplante.
In die jaar 2000 was 10 miljoen hektaar land
oorgeneem deur indringerplante (pom-pom
en ander) in Suid-Afrika.
Ek het oor vier jaar die ontwikkeling en
enorme uitbreiding van dié bossies gesien
langs Lynnwoodweg-verlenging. As ons nou
niks doen nie, kan ons die pragtige stuk
natuur maar afskryf.
Die pom-pom bossie brei geweldig snel uit
en moet bestry word deur versigtig uit te
grawe en te verbrand, ook op die padskouers
langs jou grond.
Brush-off’ kan ook gebruik word. Gebruik
egter uitsluitlik volgens voorskrif. |
|