Grietjie Phelps van Boschkop skryf:
Ek het vir die eerste keer in Pretoria-Oos aangeland
in 1988. Sedert Mei die vorige jaar het ’n aantal
insidente gebeur wat tot gevolg gehad het dat ek
vir twee jaar by Operasie Mobilisasie (OM) aangesluit
het as ’n vrywilliger en al my aftreegeld wat ek
tot toe bymekaar gemaak het, gebruik het om my
weg te betaal.
Vir die eerste ses maande van 1988 was ons
gebaseer op kleinhoewe 122, Boschkop, oftewel ‘Die Base’. Ek en 24 ander jongmense het saamgebly,
gery, gewerk en geleer.
Ons was die tweede span wat gebruik gemaak het
van die perseel.
Dit was vroeër gebruik as ’n kerkkamp of Sondagskool
kampterrein. Die geboue is vinnig gebou en
net die een huis het gewone fondasies - die ander
geboue was nie bedoel om lank te staan nie. Op die ou end het ek in Pretoria
gebly tot Januarie 1989 voordat ek
eers oorsee is om daar verder te
werk. Dit alles as gevolg van ’n
familiedood en ’n gebreekte enkel.
Min het ek toe geweet dat ek my
toekomstige man hier op ‘Die
Base’ ontmoet het en dat ek jare
later weer terug sou keer na hierdie
plek wat my lewe heeltemal
omgekeer het.
Ek en my man het in 1990 in
London weer herontmoet en het
gegaan van vlak vriende na verloof
in sewe dae - ’n storie vir ’n ander
tyd. Hy is terug Suid-Afrika toe en
ek volg toe ses maande later en
ses maande later is ons getroud en
vestig ons in Randburg. Albei van
ons is oortuig dat ons weer sal
terugkeer na die sendingveld in
een of ander hoedanigheid.
Colin kwalifiseer as ’n leeraar in
die Baptiste denominasie en word
aangestel as ’n lektor by die
Baptiste Kollege in Johannesburg. Ek kwalifiseer as ’n boekhouer en
werk vir ’n klein professionele
maatskappy in Johannesburg. Ons
dogter word gebore en twee jaar
later kom ons seun.
In 2005 word ons deur die direkteur
van opleiding uitgenooi om
een Saterdag ‘Die Base’ te besoek.
Colin het al ’n ruk lank as ’n
besoekende lektor klas gegee aan
die jongmense wat die ses maande
opleiding hier in Suid-Afrika onder
OM SA se vaandel doen. Die rede
vir die uitnodiging was om die
moontlikheid te ondersoek vir ons
om deel te word van die leierskapspan
hier op die perseel.
Dit was alles nog onder ‘moontlik’
en ‘laat-ons-kyk’ praatjies tot die
direkteur se vrou uitvind dat ek ’n
gekwalifiseerde boekhouer is.
Skielik moes die trekkery verlede
maand gebeur het en sy is bereid
om vir die res van die gesin te wag
solank ek dan in haar spaarkamer
intrek net om die boeke van 'Die
Base’ oor te neem.
Desember 2005 trek ons toe terug
na ‘Die Base’ en beleef die natste
somer vir baie jare. Die oprit na
die teerpad verander in ’n glybaan
en ten minste een keer het die
voertuig wat ek bestuur het met sy
neus in die teenoorgestelde
rigting beland as waarna ek gemik
het. Ons het ook ’n rekord span
van 72 studente met ons gehad
die eerste helfte van 2006.
Ons is nog steeds hier en is besig
met die agste span van internasionale “jongmense” vir ons as huisgesin.
OM Suid-Afrika vier ook die
21st verjaarsdag van ‘Die Base’ as
sending opleidingsperseel.
Op 17 October het ons ’n dag van
feesvieringe om die tyd wat ons in
Boschkop is te onthou. Na 21 jaar
het ons amper 2 000 mense hier
blootgestel aan sendingwerk en
baie van hulle is vandag as
voltydse sendelinge oor die wêreld
versprei.
Almal is welkom. Laat ons net
weet dat u kom deur ons te e-pos
by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.of
te skakel by 071-562-7293. |