Print E-mail
News - Briewe
Tuesday, 26 August 2014 08:11
Untitled Document

Karin Compion skryf op Die Bronberger se Facebook-blad:
Ons het vandag (4 Augustus) langs my vuur gewerk. Dit was erg! Wet Nose se mense het kom help. Die brand het so vinnig versprei en alles in sy pad gevat. Onder andere was daar ’n ou swart man. Ons was by sy kaiatjie, maar hy was toe nog nie in gevaar nie.

Later toe ons daar verby ry borrel die rook daaruit. Jacques van Wet Nose het probeer red, maar dit was te vergeefs. Die ergste is dat hy besig was om vuur te slaan met ’n tak ’n ent verder.

Ek wonder vanaand, wat het hy gedink toe hy by sy huisie kom en daar is niks. Het hy geëet en waar slaap hy vanaand?

Dit breek my hart. Mense dink ander moet vuur veg en kom help nie eers nie. Dan is hulle bekke dik as hulle skade gehad het. Ek is seker die ou man het nie versekering nie.

Vuurveg en jou medemens help is ’n hartding. As jy nie kan (of wil) nie, moet jy maar liewer ’n houtbaadjie aantrek of gaan vir ’n hartoorplanting!

 

© 2024 Die/The Bronberger