Bekende egpaar vermoor Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 22 May 2014 23:33
Untitled Document

‘n Bekende egpaar van Mooiplaats, Louis (82) en Sandra (80) Swanepoel is op 16 Mei in hulle hoewehuis, waar hulle die afgelope 33 jaar gewoon het, vermoor.

Die polisie kon geen tekens van ‘n ‘plaasaanval’ vind nie.

Die Swanepoels se seun, Johan, het by sy ouers gewoon. Hy het die polisie ná die voorval gekontak.

Oom Louis Swanepoel was aktief in gemeenskapsake en het die Bronnie gereeld laat weet as daar sake is wat pla. Tannie Sandra was ‘n afgetrede onderwyseres.

 

© 2024 Die/The Bronberger