Adverteer / Advertise Print E-mail
Tuesday, 15 January 2008 02:00
Untitled Document

Bereik die koopkrag in Pretoria se nuwe ooste en die oostelike landelike gebied
Die Bronberger bied jou ’n uitstekende geleentheid om met ons lesers te kommunikeer – jou potensiële klante in die snel groeiende en gegoede landelike gebied oos van Pretoria. Die koopkrag van ons algemene lesers is iets om mee rekening te hou. ’n Groot persentasie van ons lesers in Die Bronberger se verspreidingsgebied val in die LSM 10 hoë inkomstegroep.

Gebied
Ons versprei 10 000 kopieë van ons tydskrif (met ’n geskatte leserstal van 40 000) in ’n gebied oos van Pretoria-oos wat bestaan uit hoë-inkomste gholflandgoedontwikkelings, perde- en landbou-landgoedontwikkelings sowel as wildparke en kleinhoewes tot op Bapsfontein, Bronkhorstspruit, Rayton en Cullinan. Boonop bring ons ook ’n elektroniese weergawe van die tydskrif uit wat, met ’n konserwatiewe skatting, sowat 20 000 mense bereik.

Aanhang
Die Bronberger het oor meer as twee dekades ’n stewige lesers- en adverteerderaanhang gevestig. Ons is nie bloot ’n advertensieblad nie, maar dra interessante berigte oor mense, plekke en gebeure in die gemeenskap asook ’n hele paar baie gewilde rubrieke met die fokus op die landelike leefwyse.

Adverteerders wat al die waarde van ’n advertensie in Die Bronberger ervaar het, sal jou sê dat dit nie net gaan oor die gehalte van ons papier en ons drukwerk, ons lae pryse, ons afslag-pakkette en gratis uitlegdiens nie. Hulle sal jou vertel dat Die Bronberger uiters gewild is onder sy lesers. Dié lojaliteit en vertroue in die tydskrif se geloofwaardigheid lei ook direk tot die vrymoedigheid en wilsbesluit om sy adverteerders te ondersteun.

Blootstelling
Weens dié tydskrif se gewildheid, het hy ’n uiters lang ‘raklewe’, wat ekstra blootstelling vir adverteerders beteken. In baie huishoudings sal jy dié glanstydskrif vir ’n maand of langer op die koffietafel sien. Daar word gereeld teruggegaan na vorige uitgawes om iets na te slaan.

Om Die Bronberger se volledige elektroniese uitgawes, wat met grendeltyd begin is, te sien: Kyk onder aan die linkerkantse kieslys, by die afdeling genaamd ‘Aflaai’.

Om te luister na ’n bespreking oor Die Bronberger en die Bronberg-gebied, kyk na die rooi blok onder dit: Die Bronnie op kykNET.

Verwelkom
As deel van ons tydskrif, word adverteerders in ons lesers se huise verwelkom. Is dit nie presies waar jy wil hê jou onderneming sigbaar moet wees nie?

Laat weet gerus of ons vir jou ’n besprekingsvorm kan stuur om jou plek in die Bronnie te verseker.

Ons sien uit daarna om van jou te hoor hieroor.

O ja, en vra ons gerus oor die geweldige gewildheid van ons promosie-artikels!

 

© 2024 Die/The Bronberger