News -
Briewe
|
Wednesday, 17 September 2008 19:46 |
Untitled Document
Anoniem van die Bronberg skryf:
’n Wel bekende dokter en varingkenner van Shere moes
ingaan vir ’n heup vervanging en moes drie weke in die bed
wees. Wel, die dokter het besluit dis nie vir hom nie. ’n
Mens moet mos na jou belange omsien.
Dus was dit ’n eienaardige gedoente om die prosessie een
oggend te gewaar langs Lynnwoodweg - een bedlêende dokter
op ’n hospitaalbed wat deur ’n vierwiel motorfiets tussen
besighede gesleep word met ’n hele aantog wat sorg dat die
bed reguit bly met die heen en weertjie.
Na my lagbui bedaar het, het ek gedink aan die gesegde: ’n
boer maak ’n plan. Nou weet ek nie meer so mooi nie. Lyk
vir my dis eerder ’n dokter maak ’n plan. |
|