News -
Briewe
|
Tuesday, 22 April 2014 23:42 |
Untitled Document
Nicol Stassen skryf op die Bronnie se Facebook-blad:
Inligting gesoek oor Daniel Jacobus Erasmus, landdros van die Dorslandtrekkers.
Ek soek inligting oor en ‘n foto van hierdie interessante persoon uit die geskiedenis. Hy is in ongeveer 1838 gebore as die seun van Cornelis Marthinus Erasmus en Christina Johanna Sophia Dreyer.
Sy familie het 'n groot rol in die vroeë Transvaalse geskiedenis gespeel. Sy oom was 'n prominente figuur onder die Jerusalemgangers en sy neef met dieselfde name was waarnemende president van die ZAR.
Daniel Kwepernek, soos hy ook genoem is, was getroud met Catharina Gertruida Erasmus. Hy is met die Dorslandtrek as landdros gekies, maar het in 1881 weer na Transvaal teruggekeer. Hy is in ongeveer 1920 in die ooste van Pretoria oorlede en daar begrawe.
Sy dogter, Anna Claudina Hendrina, se herinneringe aan die Dorslandtrek is in 1947 as ‘Dors en waansin in die warm sand’ in ‘Die Ruiter’ gepubliseer.
Kontak Nicol by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of 082-572-9537. |
|