News -
Artikels
|
Tuesday, 25 March 2014 12:35 |
Untitled Document
Meedoënlose reën het die eerste twee weke van Maart paaie verspoel, spruite en riviere laat oorstroom, damwalle verbrokkel en groot skade aan omheinings en boorgattoerusting aangerig. Meer as 300 mm is in dié tydperk op plekke in die gebied gemeet.
Waterpype wat onder die Rhenosterfonteinpad op Donkerhoek moes loop, het oopgespoel
Foto:Chamanda Prinsloo
Verdwaasde ouers neem foto’s van die pad wat toegang tot Tygieland in Shere moes bied
Foto: Tania Potgieter
.
. |
Vincent Yssel van Nooitgedacht en sy brakkie, Trixie, het nie op hulle laat wag om in dié dam, wat in ‘n japtrap deur afloopwater volgemaak is, te gaan swem nie
Foto: Karen Yssel |
Die dam op die Van den Bergs se Tierpoort-hoewe het ook oorgeloop
Foto: Trix van den Berg |
‘n Stukkende waterpyp op die Rhenosterfonteinpad beskadig voertuie
Foto:Chamanda Prinsloo |
Vir sewe jaar voor die groot reën, was hierdie 'n droëloop in die Nooitgedacht/Elandshoek-gebied
Foto: Karen Yssel
.
|
Dit was ‘n gespook om ‘n vragmotor en padskraper wat op 11 Maart voor Tygieland in Shere in die modder vasgesit het, uit te kry
Foto: Michael Howard |
Polisie maak die brug op die Mooiplaatspad oor die Pienaarsrivier toe. Mike Strange het laat weet dat mense nog oor die brug oor die Pienaars probeer ry het, nadat die polisie dit toegemaak het
Die Pienaarsrivier in vloed by die brug oor die Mooiplaats-grondpad
Foto’s: EL-Marie Breytenbach van British 4x4 |
Só het dit gelyk op hoewe 258 Mooiplaats
Foto: Nic Woodrow
. |
Die druiweplaaspad op Zwavelpoort
Foto: Ivan Gomm
.
.
.
|
Die dam op Hendrik Ver Loren Van Themaat se druiweplaas op Zwavelpoort moes weer die aanslag van vloedwaters ervaar nadat damme hoër op met die Zwavelpoortspruit oorstroom of gebreek het
Foto: Ivan Gomm |
Vroegoggend op 12 Maart het dit gelyk of die damwal op die Stofbergs se Zwavelpoortplot begin verkrummel. Dit is gevrees dat die wal gaan meegee en verspoelings langs die Zwavelpoortspruit veroorsaak
Foto: John Potgieter |
Die water wat by die Stofbergs se damwal uitgeloop het, het ‘n donga van ongeveer drie meter wyd en drie meter diep gespoel.
Foto: Liana van Hoepen
.
.
. |
Die brug oor die Pienaarsrivier op die Mooiplaats-grondpad. Met vorige vloede is voertuie al van dié brug afgespoel
Foto: Sarel Moolman
.
.
. |
Verspoelings op die Zonkololpad tussen Cullinan en Rayton
Foto: Henk van de Graaf |
Die dam op Ivan Gomm se hoewe, Zwavelpoort 153, loop oor
Foto: Ivan Gomm |
Die Mooiplaats-grondpad, tussen die Boschkop-pad en ou Bronkhorstspruitpad. As jy daar wil deur, moet jy reg in die middel hou; aan die kante sal jy bly sit
Foto: Sarel Moolman
Só het Colestraat, Shere op 12 Maart gelyk
Foto: Michael Howard
.
.
.
.
.
.
.
.
. |
Giuliette en Gary Pretorius se vullisverwyderingsonderneming se vragmotor sit teen ons saktyd al vir 'n week in Grootfontein vas. Verskeie trekkers, padskrapers en ander masjiene het probeer om hom uit te trek maar ook in die proses vasgesit. Die blou 4x4 trekker het 'n rukkie na hierdie foto sy hele voorkant afgeskeur. Gary gaan 'n groot kraanvoertuig teen 'n koste van meer as R5 000 huur om die vragmotor van 'n afstand af in te katrol
Foto: Gary Pretorius |
|
|
|