Pompoms neem oor Print E-mail
News - Ons Omgewing
Monday, 27 January 2014 22:15
Untitled Document

Die goeie somerreëns was blykbaar net wat die pompom-onkruid nodig gehad het om met mening sy indringersaanslag in die Bronberg-gebied te verskerp. Die padreserwes staan in pienkpers getooi en oral word die grasland geleidelik deur dié verpesting oorgeneem. Dié foto is in Zwavelpoort geneem met die Bronberg se Elliot-rif in die agtergrond. Vir meer inligting oor dié onkruid en die beheer daarvan in ons gebied, bel vir Gerbrand Bruin by 011-964-1591.

 

© 2024 Die/The Bronberger