News -
Ons Omgewing
|
Monday, 27 January 2014 22:13 |
Untitled Document
Besoekers aan die Dischem-sentrum in Olympus was verstom om te sien dat die groot kareebome in die plek se parkeergrond op ‘n dag ‘stomp’ afgesaag is. Dit het die bome ‘n goeie 15 jaar gevat om tot volwaardige koeltebome te groei en skielik was parkeer in die koelte by dié sentrum iets van die verlede. Blykbaar het die sentrum se ‘bestuur’ besluit dat die bome te groot geword het en ‘n hindernis vir voertuie geword het. Teleurgestelde lesers wil weet of dié sentrum se mense nog nooit van snoei gehoor het nie.
|
|