Nog ‘n afstammeling van die Dorslandtrekkers deel sy voorgeslagte se verhaal met ons. Eugene Viljoen, wat in Onbekend se wêreld grootgeword het, se voorsate was destyds op Erasmusdorp, vandag as Bronkhorstspruit bekend, gevestig.
Eugene se ma, Maria Gezina van Jaarsveld, saam met haar broers Rudolph, die oudste, en Edwin Johan, op haar skoot
.
. |
Eugene se groot oupa, Johannes Paulus Van den Berg, en sy groot ouma, Maria Gezina Prinsloo, saam met sy ouma Aletta Margaretha (Lettie). Hulle het sy oumagrootjie Oums Skottelgoedhoed genoem omdat die hoed kompleet soos ‘n omgedraaide skottelgoedwasbak gelyk het |
In Die Bronberger se Augustus-uitgawe het ons in die toeka-artikel, ‘Op 82 vat Van der Merwe sy goed en trek die Dorsland deur’ oor die Dorslandtrekkers se ontberinge op die pad na Angola geskryf.
Eugene, 78, se ouma, Aletta Margaretha (Lettie) van Jaarsveld, néé van den Berg, is op 14 Junie 1881 in Humpata, Angola gebore en op 24 Desember 1881 in Gobabis gedoop. Eugene het vandag nog die doopseël. Sy was die dogter van Johannes Paulus Van den Berg en Maria Gezina Prinsloo.
Eugene se ouma, Aletta Margaretha (Lettie) van Jaarsveld, néé van den Berg, en sy groot oupa, Johannes Paulus Van den Berg, word in die groepfoto van die trekkers wat die Dorsland oorleef het, aangedui |
Aletta Margaretha van den Berg se troue met Roelof Johannes Hendrik van Jaarsveld op 11 Augustus 1906
. |
Lettie en haar pa verskyn op ‘n groepfoto van die trekkers wat die Dorsland oorleef het. Sy is op 11 Augustus 1906 met Roelof Johannes Hendrik van Jaarsveld getroud en Eugene se ma, Maria Gezina van Jaarsveld, was een van haar kinders. Maria het met Carl Johannes Viljoen getrou.
Carl se Viljoen-familie was van Winburg se wêreld, maar Maria en Carl het op die plotte naby Onbekend gewoon. Eugene was hulle oudste kind en sê dat hy na Eugène Marais vernoem is. Hy vertel hoe sy gesin in 1946 in tente gebly het en self stene gemaak het om huis te bou wanneer daar geld was.
Die huis in Von Hagenstraat, Pretoria Wes. Eugene se groot oupa, Gotlieb Rudolph van Jaarsveld, het dié erf van Paul Kruger gekry vir sy deelname aan die Magog Oorlog
Eugene sê hy moes myle loop om ‘n skoolbus te kry wat hom na die Onbekend-skooltjie geneem het waar graad een tot std drie kinders in dieselfde klaskamer was en std vier en vyf in ‘n ander klas. Hulle het op Rayton aan skoolsport deelgeneem.
Eugene verwys waarskynlik na die Laerskool Witpoort, wat in 1904 gestig is toe ‘n Nederlander, genaamd Meester Bos, met 32 kinders ‘n skooltjie begin het in ‘n kamer wat Hendrik Prinsloo van Kameelzynkraal beskikbaar gestel het.
.
Lettie en Roelof van Jaarsveld in die 1940`s |
Eugene het die foto’s, doopseëls en huweliksertifikate van sy Dorslandtrekker-voorsate aan Die Bronberger beskikbaar gestel. Tussen die dokumente was daar ook ‘n sertifikaat wat wys dat Paul Kruger ‘n erf in Pretoria aan ‘n ander oupagrootjie van Eugene toegeken het vir sy deelname aan die Magog Oorlog.
Gotlieb Rudolph van Jaarsveld was Lettie se man, Roelof, se pa. Die erf is in Von Hagenstraat, Pretoria Wes en Eugene sê dat die oorspronklike sertifikaat in die museumpie van Lambertsbaai in die Wes-Kaap lê. Hy sê dat die huis onlangs nog gestaan het.
Aletta Margaretha (Lettie) van den Berg
. |
Die sertifikaat wys dat Paul Kruger die grond aan Gotlieb Rudolph van Jaarsveld toeken. Die dokument is deur die registrateur van akte onderteken |
Vir meer inligting oor die Dorslandtrekkers, kontak Louw du Plessis by 011-888-3433 of 082-507-4639,
e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
,. of besoek https://www.facebook.com/groups/dorslandangola/. |