News -
Briewe
|
Monday, 23 September 2013 22:56 |
Untitled Document
Ria N Pieterse skryf:
Dankie vir die byvoeging van myself by Die Bronberger se Facebook-blad.
Wat ek graag wil weet is, wat is die grense van die Bronberg self?
Die area van Kleinfonteindorpie, verstaan ek, lê bo-op die berg?
Waar kom die naam van die berg vandaan?
Kleinfontein is nie op die Bronberg nie, maar noord daarvan by Renosterpoort. Die rante daar staan bekend as Diamond Hill. Deesdae sê die mense dat die Bronberg by Louis Bothalaan in Lynnwood Glen begin, en wes loop tot naby die Bronkhorstpruit-Bapsfonteinpad (R25). Die naam was oorspronklik Baronsberg, maar luitongsindroom het dit later na Bronberg verander. Die naam ‘Baronsberg’ kom herhaaldelik in die ‘inspectie’-rapport van 1841 voor, alhoewel dit soms as ‘Berens’- of ‘Bronsberg’ geskryf is. Verskeie Hollandse goewerneurs aan die Kaap het die titel ‘baron’ gehad. Tog kan niemand vir ons sê of die bergreeks na ‘n baron of iemand met die van ‘Baron’ vernoem is nie. – Red |
|