Dankie vir Januarie se Bronnie Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 28 February 2013 07:34
Untitled Document

Cecilia Brand van Garsfontein skryf:
Baie dankie vir die Januarie-uitgawe van die Bronnie.

Ek geniet Poon se rubriek en wonder of Gert Mossie in 2013 vir ons kan vasstel waarom Marmite nog al die jare in die hoekige plat-ronde potjie verskaf word. Daar bly mos altyd nog ‘n smeersel of twee in dié botteltjie oor waar geen mens kan bykom nie, en ‘n mens lus voel om die laaste bietjie Marmite met die vinger uit te grawe. Voorwaar ‘n klein jakkalsie!

‘Final Word’ het my laat onthou van ‘n gesegde wat ek ‘n tyd gelede gelees en neergeskryf het om dit vir my nakroos te bewaar. “When you propose to speak, always ask yourself: Is it true; is it necessary; is it kind.”

Die foto’s wat Gerhard Scheepers by Rietvlei geneem het is puik.
Baie dankie.

 

© 2024 Die/The Bronberger