Help asseblief vir Hans Print E-mail
News - Briewe
Wednesday, 19 December 2012 08:40
Untitled Document

Myda Cronjé van die Bronberg-gebied skryf:
Ek het steeds kontak met Hans Lombard (voorheen van Faan Smuts se Bronberg Lodge, nou Wynlandgoed). Ek weet daar is baie ellende rondom ons, maar dit gaan baie sleg met Hans se gesondheid.

Soos julle bewus is, is sy een been reeds geamputeer as gevolg van gevorderde diabetes. Hans is nou heeltemal blind en het onlangs ‘n operasie ondergaan om gedeeltelike sig in die een oog te probeer kry. Hy het nou voltydse versorging nodig, volgens sy vrou, Alida.

Hulle het teruggetrek vanaf Middelburg en bly nou in Pretoria-Noord by sy suster, omdat hy in en uit die hospitaal is vir behandeling.

Mense, wil julle nie asseblief julle hande en harte oopmaak vir hierdie man nie? Hy het as ‘n inkomste tuisgebak gelewer by ‘n tuisnywerheid en leer-artikels vervaardig. Dit is onmoontlik om daarmee voort te gaan, as gevolg van sy gesondheid wat drasties agteruitgegaan het.

As julle hom net kan bel by 079-540-7076 – dit beteken geweldig baie vir Hans en Alida. Julle kan ‘n bydrae maak in die volgende rekening: A J Lombard, Capitec Bank, rekening: 1288800264.

 

© 2024 Die/The Bronberger