’n Luislang het Wapadranders in
die middernagtelike ure van
Donderdag 20 Januarie behoorlik
op hol gehad.
Die slang-vang avontuur het omstreeks
10 uur die aand begin toe
Riekie le Roux ’n groot slang oor
Disselboomweg sien seil het. Nog ’n
Wapadrander, Anke Viljoen, het
langs die pad stilgehou en toevallig
’n slangvanger geken. Sy het haar
gebel. Ja, ’n vroulike slangvanger,
genaamd Stephanie Kendall.
Die luislang is gewaar toe hy oor Disselboomweg
geseil het
Foto’s: Riekie le Roux
Stephanie het dadelik uitgekom, die
slang is teen ’n muur vasgekeer, in
’n vervoersak gesit waarna hy na ’n
plek van veilige bewaring geneem
is. Dit was die plan om die slang in
die Groenkloof Natuurreservaat vry
te laat.
Die luislang is vasgekeer teen die muur
Slangvanger Stephanie het vertel dat
nog ’n luislang ’n week voor Wapadrand
se luislang aangekeer is, in
Lynnwoodweg gevang is. Die Wapadrandse
luislang was 2,5 meter
lank. ’n Volwasse luislang kan tot ses
meter lank word.
Die gewone luislang, Python sebae
natalensis, is die grootste slang wat
in die bosgebiede van Suider-Afrika
voorkom. Jong luislange vreet grootliks
knaagdiere. Dié slang se prooi
word al hoe groter soos die slang
groei tot die volwasse slang kleiner
boksoorte begin vang.
Só is hy aangekeer
Prooi word eers gebyt, waarna die
luislang hom so styf as moontlik om
die dier krul om hom uiteindelik te
versmoor. Ná die dier se dood, sal
die luislang hom kop eerste begin
insluk. Luislange is nie giftig nie.
Hy word in ’n sak gesit om vervoer te word
Die luislang is ongewoon in die
slangfamilie omdat die wyfie in die
broeitydperk by haar eiers bly. Sy lê
van Oktober tot Desember broeisels
met 15 tot 100 eiers wat sy warm
hou en slegs verlaat op soek na
water. Die eiers vat twee tot drie
maande om uit te broei en die
wyfie vreet glad nie in dié tydperk
nie.
Van links na regs is Wapadrander Riekie le Roux, slangvanger Stephanie
Kendall, Harry Marcus, Simon Vosloo en Anke Viljoen met die luislang
veilig in die sak
Sy verlaat die eiers eers so 24 uur
voor die klein slangetjies, van 50 tot
60 cm lank, uitbroei. Sommige
bronne sê dat sy haar kleintjies nog
twee weke nadat hulle uitgebroei
het, beskerm. |