Nuwe natuurreservaat by Six Fountains Print E-mail
News - Ons Omgewing
Thursday, 09 December 2010 23:13
Untitled Document

’n Nuwe natuurreservaat is op Saterdag 6 November by Six Fountains landgoed, neffens Silver Lakes, geopen. Met die openingseremonie is die heining tussen die huise en die reservaat amptelik verwyder.

Die reservaat sluit drie damme, wat deur ’n standhoudende fontein gevoed word, en 5 km se wandelpaaie waar mense kan loop, draf en fietsry, in. Duisende bome is aangeplant om voëllewe rondom die damme te bevorder.


Die nuwe natuurreservaat

Die idee van die reservaat is jare gelede deur Henry Bendeman op ’n servet in ’n pizza restaurant ontwerp. Sy droom was om die vuil erosiesloot vol onwettige plakkers wat in daardie stadium deur die grond geloop het, in ’n voëlparadys te omskep.

 

© 2024 Die/The Bronberger