Vreemde sonverskynsel laat Bronbergers gons Print E-mail
News - Ons Omgewing
Tuesday, 16 November 2010 10:31
Untitled Document

Die son het op Maandagoggend 1 November so vreemd vertoon dat ’n aantal Bronbergers onmiddellik hul gunsteling gemeenskapspublikasie gebel het: “Gaan dadelik buitentoe, neem foto’s en vertel ons wat julle sien,” was een hoogs opgewonde versoek.

Blykbaar het yskristalle dié vreemde sonverskynsel veroorsaak

Volgens Clair Flanagan, ’n astroloog by die Johannesburgse planetarium word die reënboogring om die son ’n ligkrans genoem. Dit word blykbaar veroorsaak deur yskristalle wat in wolke vasgevang is in die onderste laag van die aarde se atmosfeer.

Dié krans is egter nie altyd reënboogkleurig nie. Ligkranse om die son is verwant aan ander verskynsels soos son pilare, waar ’n mens ’n ligpilaar sien as die son sak terwyl ys val, en ’n son-hond, waar jy drie sonne sien sak.

Die stralekrans-son bokant Cullinan se Jakaranda-bome

Arno Dyason, weervoorspeller by die SA Weerdienste, sê dat so ’n ligkrans geen invloed op die weer het nie.

Volgens oorlewering beteken ’n ring om die son of maan gedurende warmer maande egter dat dit binne 12 tot 24 uur gaan reën. En dit het wel gebeur in ons kontrei ná dié ligkrans.

Ligkranse om die son en maan is reeds in die tyd van die heerser Constantine in die begin van die vierde eeu, aangeteken.

 

© 2024 Die/The Bronberger